Friday, April 18, 2008

Uitnodigings vir Openbare Vergaderings

Indien u enige openbare vergaderings wil organiseer. Skakel asseblief vir Naomi by tel nr: 072 8737 005/email: suidlanders@yahoo.com

Die vergaderings sal egter nie deur Gustav self gelei word nie weens omstandighede buite ons beheer. Uitgesoekte Suidlanders bestuurslede sal die vergaderings lei. Ons het in die afgelope week `n openbare vergadering te Bloemfontein (gelei deur Mev. D. Stassen/en `n stampvol saal by die Vroue Monument). Asook in Pietersburg met `n baie mooi opkoms en `n uiters positiewe gesindheid (gelei deur Johan Le Roux). Daar is eerskomende Vrydag 25 April 2008, in Jan Kempdorp `n vergadering en sal gelei word deur, mre. Johan Le Roux en Leon van Rensburg.

Graag wil ons die Suidlanders bedank vir hul volgehoue ondersteuning. Hierdie benadering en die SEëN van BO het tot gevolg dat ons onbeheersd groei en ons dank die HEMELSE VADER daarvoor.

Daar sal ook vergaderings in Benoni, die Suidkus, Kaapstad, Port Elizabeth, George, ens. gehou word in die nabye toekoms.

Neem in ag dat Suidlanders `n NIE geweldadige organisasie is wat slegs daar is vir die belange van ons volk in hierdie onsekere tye.

DVD 1,2,3 en 4

Vir bestellings vir die DVD's, skakel asb Naomi by: 072 8737 005.

R50.00 Per dvd en R10.00 posgeld.

Bank Besonderhede:
N Snyman
Absa
Rek nr. 9201258114
Tak: Klerksdorp
Tipe: Spaar

Suidlander Plakkers is ook beskikbaar @ R10.00 Per plakker.
Daar is reeds Glase, Lapel wapens en T-hemde beskikbaar waarvan ons teen volgende week fotos en pryse sal gee.

Wednesday, April 2, 2008

Suidland Saamtrek verslag

Baie van julle het gebel en gevra hoe was die naweek. Hoeveel mense was daar? Het Gustav toe gepraat?

Ja die naweek het plaasgevind. Ons was so om en by 200 persone wat gekamp het saam met die dagbesoekers wat ook `n draai kom maak het. Gustav het gepraat en Sondag `n kerkdiens gelewer saam met nagmaal wat bedien is deur pastoor Nick Kruger.

Ons het lekker gekuier. Gustav self het die mense ontmoet tydens hul aankoms en het vir elkeen self koffie gemaak en hul laat tuis voel.

Vir almal van ons was dit `n leersame naweek, want vir ons wat vir julle gewys het hoe om groente te droog het ook iets geleer by die kamppeerders. Ons het geleer hoe om van `n aartappel plantjie suurdeeg te maak op die boeremanier. Hoe om potbrood sommer so een- twee- drie te maak.

Baie interessante patente het ons raakgesien onder andere die persoon wat `n braaier uit `n wasmasjien se drom gemaak het, wat dien as `n konka en `n braaier. Hoe oulik.

Daar was die jongklomp van Pretoria - wat moes leer om hul nuwe tent op te slaan. `n Gulde geleentheid om te leer voor die lang kamp! Ek het gehoor dat daar twee mans was wat na `n haardroër episode steeds nie hule vuur aan die gang kon kry nie- dit is belangrike goed wat `n mens moet leer.

Naomi se vuurvertoning was ook baie goed en het baie lof gekry. Baie van julle het gevra dat ons onder andere die goed oor kamp higiëne,`n verkorte noodhulplys op die internet sit. Ons gaan so gou as moontlik dit vir julle doen, want kamp higiëne is uiters belangrik.

Ons het vriende gemaak. Ons het gekuier. Ons het saam koffie gedrink- pannekoek gebak en saam gesing. Dit was regtig lekker. Vir die persone wat gehelp met die vuur en die vleisbraai - Jannie en Danie baie baie dankie.

Vir elkeen van julle wat hier was dit was regtig lekker om elkeen van julle te leer ken.

Dan wil ons ook `n beroep op julle doen en vra dat julle sal seker maak dat julle genoeg brandstof het. Ons wil ook vir julle vra gaan lees op die internet of in jul naaste biblioteke oor boererate, goed wat die mense gedoen het om te oorleef van sanitêr tot kosmaak. Dit is belangrik. Kry kennis oor oorlewing in boeke- die internet want op die ou einde van die dag kan alles van jou af weggeneem word, maar nie kennis nie.

Ons wil die Hemelse Vader bedank dat Hy die naweek geseën het en dat dit alles net tot eer van Sy Naam gestrek het. Baie dankie vir elkeen van julle wat ook nie drankmisbruik het gedurende hierdie naweek nie, want dit is wat ons onderskei.

Net `n laaste versoek en dit is baie belangrik: Onthou ons is ook mense met gesinne, werksverpligting wat self nog besig is om gereed te maak (groente te droog/ kerse maak). En wil ons u asseblief vra om ons nie elf uur in die aand of half drie in die oggend te skakel nie. Ons wil egter `n ernstige beroep op u doen om ons slegs gedurende kantoor ure naamlik van 9uur in die oggend tot 5uur in die middag te kontak. En sal ons dit ook baie hoog op prys stel as julle ons ook op Sondae sal respekteer. Verder sal ons vir u beskikbaar wees soos u ons nodig kry, maar hou ingedagte dat ons ook net mense is. Baie - baie dankie dat u verstaan.

Suidland Groete

Sune