Friday, April 18, 2008

Uitnodigings vir Openbare Vergaderings

Indien u enige openbare vergaderings wil organiseer. Skakel asseblief vir Naomi by tel nr: 072 8737 005/email: suidlanders@yahoo.com

Die vergaderings sal egter nie deur Gustav self gelei word nie weens omstandighede buite ons beheer. Uitgesoekte Suidlanders bestuurslede sal die vergaderings lei. Ons het in die afgelope week `n openbare vergadering te Bloemfontein (gelei deur Mev. D. Stassen/en `n stampvol saal by die Vroue Monument). Asook in Pietersburg met `n baie mooi opkoms en `n uiters positiewe gesindheid (gelei deur Johan Le Roux). Daar is eerskomende Vrydag 25 April 2008, in Jan Kempdorp `n vergadering en sal gelei word deur, mre. Johan Le Roux en Leon van Rensburg.

Graag wil ons die Suidlanders bedank vir hul volgehoue ondersteuning. Hierdie benadering en die SEëN van BO het tot gevolg dat ons onbeheersd groei en ons dank die HEMELSE VADER daarvoor.

Daar sal ook vergaderings in Benoni, die Suidkus, Kaapstad, Port Elizabeth, George, ens. gehou word in die nabye toekoms.

Neem in ag dat Suidlanders `n NIE geweldadige organisasie is wat slegs daar is vir die belange van ons volk in hierdie onsekere tye.

DVD 1,2,3 en 4

Vir bestellings vir die DVD's, skakel asb Naomi by: 072 8737 005.

R50.00 Per dvd en R10.00 posgeld.

Bank Besonderhede:
N Snyman
Absa
Rek nr. 9201258114
Tak: Klerksdorp
Tipe: Spaar

Suidlander Plakkers is ook beskikbaar @ R10.00 Per plakker.
Daar is reeds Glase, Lapel wapens en T-hemde beskikbaar waarvan ons teen volgende week fotos en pryse sal gee.

Wednesday, April 2, 2008

Suidland Saamtrek verslag

Baie van julle het gebel en gevra hoe was die naweek. Hoeveel mense was daar? Het Gustav toe gepraat?

Ja die naweek het plaasgevind. Ons was so om en by 200 persone wat gekamp het saam met die dagbesoekers wat ook `n draai kom maak het. Gustav het gepraat en Sondag `n kerkdiens gelewer saam met nagmaal wat bedien is deur pastoor Nick Kruger.

Ons het lekker gekuier. Gustav self het die mense ontmoet tydens hul aankoms en het vir elkeen self koffie gemaak en hul laat tuis voel.

Vir almal van ons was dit `n leersame naweek, want vir ons wat vir julle gewys het hoe om groente te droog het ook iets geleer by die kamppeerders. Ons het geleer hoe om van `n aartappel plantjie suurdeeg te maak op die boeremanier. Hoe om potbrood sommer so een- twee- drie te maak.

Baie interessante patente het ons raakgesien onder andere die persoon wat `n braaier uit `n wasmasjien se drom gemaak het, wat dien as `n konka en `n braaier. Hoe oulik.

Daar was die jongklomp van Pretoria - wat moes leer om hul nuwe tent op te slaan. `n Gulde geleentheid om te leer voor die lang kamp! Ek het gehoor dat daar twee mans was wat na `n haardroër episode steeds nie hule vuur aan die gang kon kry nie- dit is belangrike goed wat `n mens moet leer.

Naomi se vuurvertoning was ook baie goed en het baie lof gekry. Baie van julle het gevra dat ons onder andere die goed oor kamp higiëne,`n verkorte noodhulplys op die internet sit. Ons gaan so gou as moontlik dit vir julle doen, want kamp higiëne is uiters belangrik.

Ons het vriende gemaak. Ons het gekuier. Ons het saam koffie gedrink- pannekoek gebak en saam gesing. Dit was regtig lekker. Vir die persone wat gehelp met die vuur en die vleisbraai - Jannie en Danie baie baie dankie.

Vir elkeen van julle wat hier was dit was regtig lekker om elkeen van julle te leer ken.

Dan wil ons ook `n beroep op julle doen en vra dat julle sal seker maak dat julle genoeg brandstof het. Ons wil ook vir julle vra gaan lees op die internet of in jul naaste biblioteke oor boererate, goed wat die mense gedoen het om te oorleef van sanitêr tot kosmaak. Dit is belangrik. Kry kennis oor oorlewing in boeke- die internet want op die ou einde van die dag kan alles van jou af weggeneem word, maar nie kennis nie.

Ons wil die Hemelse Vader bedank dat Hy die naweek geseën het en dat dit alles net tot eer van Sy Naam gestrek het. Baie dankie vir elkeen van julle wat ook nie drankmisbruik het gedurende hierdie naweek nie, want dit is wat ons onderskei.

Net `n laaste versoek en dit is baie belangrik: Onthou ons is ook mense met gesinne, werksverpligting wat self nog besig is om gereed te maak (groente te droog/ kerse maak). En wil ons u asseblief vra om ons nie elf uur in die aand of half drie in die oggend te skakel nie. Ons wil egter `n ernstige beroep op u doen om ons slegs gedurende kantoor ure naamlik van 9uur in die oggend tot 5uur in die middag te kontak. En sal ons dit ook baie hoog op prys stel as julle ons ook op Sondae sal respekteer. Verder sal ons vir u beskikbaar wees soos u ons nodig kry, maar hou ingedagte dat ons ook net mense is. Baie - baie dankie dat u verstaan.

Suidland Groete

Sune

Monday, March 17, 2008

Suidland Saamtrek (Ken mekaar) 2

Suidlanders,


Neem asseblief kennis dat die Suidland Saamtrek (ken mekaar) nog steeds plaasvind. Ons maak voorsiening vir as dit sou reën. Ons beskik oor `n marquees tent,`n saal en `n lapa so ons kan darem die meeste aanslae die hoof bied.

Ons sien daarna uit om julle te ontmoet hetsy wind, sneeu, hael of reën, maar ons gaan lekker kuier. Moet asseblief nie dat die weer `n probleem wees of word nie.

Interessantheidshalwe ons het persone wat kom vanaf Pretoria, Johannesburg, Magaliesburg, Benoni, Vereeniging, Mosselbaai, Vryburg, Heilbron, Stilfontein en tot selfs Ingogo in Natal.

Pak maar lekker warm baadjies in, want dit kan dalk nodig raak.


Persone wat nog wil bespreek is meer as welkom om te bespreek tussen 10uur die oggend en 5 uur in die middag by 082 799 9839 / 082 416 4716

Suidland Groete

Sunday, March 16, 2008

Suidland - Saamtrek (Ken mekaar)

Suidlanders ons trek saam !

Waar ? Klerksdorp te Bianric Farm Inn.
Op die Klerksdorp (dampad ) na Ventersdorp
Ongeveer 3km uit Klerksdorp

Van wanneer tot wanneer? 20 Maart 2008 -24 Maart 2008

Bespreek asb by 082 788 9839/ 082 416 4716
laat weet ons asseblief hoeveel tente/ karavane/persone kom en van watter
area

Ons kamp almal in area`s saam. Byvoorbeeld: Die Midranders by die Midranders (sodat ons almal mekaar kan leer ken.) Ons vra dat u asseblief tydens die naweek mede Suidlanders sal respekteer en ten alle tye binne die raamwerk van die wet beweeg.

Persone wat vir `n dag kom is meer as welkom.

Wat gaan kan u saambring? Skottel vir skottelgoed was.
Musiek instrumente (kitare/konsertinas)
Toiletpapier
Verder alles asof u gaan kamp - sonder krag

*** Let wel: ons gaan pryse gee vir die oulikste toegeruste karavaan, tente - hierby meen ons nie u moet gaan spandeer nie, maar oulike selfgemaakte patente gaan ook wenners wees ons wil net `n idee kry van hoe toegerus u werklik is.


Program vir die Suidland Saamtrek:
Donderdag 20 Maart 2008
-Nesskrop
19h00 Braaivleisvure word aangesteek

Vrydag 21 Maart 2008

7h30 word die vure aangesteek. ( Persone wat van ver kom kan nog tent opslaan
en nesskrop die hele dag)

07h30 – 09h30 (ontbyt)

10h30 – Teetuin maak oop.

10h00 – 14h00 Demonstrasies van groente droog/ kosverpak begin
Nuttige instrumente om self te maak vir huishoudelike gebruik gaan
tentoongestel word.

14h00 – 17h00 Almal ontspan langs die swembad
17h00 Die teetuin sluit
Vure word weer aangesteek vir aandete.

19h30- 20h00 Amptelike verwelkoming deur Gustav by die swembad vir `n
kenmekaar ( Indien dit reen onder die groot tent)

20h00 –22h00 Kenmekaar tussen die verskillende streke (Groot pret wees)
22h15 –22h30 Aandgodsdiens


Saterdag 22 Maart 2008

07h30 - Vure word aangesteek.
07h30-09h30 Ontbyt

10h00 Teetuin maak oop.
10h00 –15h00 Demonstrasie hoe om groente / kos te droog by die
swembad.
Suidlandplakkers en dvd`s word verkoop op die stoep by die
swembad.
Nuttige instrumente om self te maak virhuishoudelike geriewe gaan ten
toon gestel word by die swembad
Watter Suidlandkamp is vir my?
Bly binne die raamwerk van die wet!
Wat is die basiese benodighede vir `n kamp?

12h00-14h00 Vure word weer aangesteek vir middagete
(Daar gaan ook lekker worsbroodjies koeldrank ens. verkoop word by
die lapa.)

14h00 – 16h00 Boeresport gaan gespeel word op die groot grasperk/as dit reen onder die
groot tent.

16h30 Die teetuin sluit
Vure word aangesteek vir aandete

18h30- 19h30 Gustav se praatjie op die groot grasperk/ onder die tent afhangende van die
reen
19h30- 20h30 Vrae vir Gustav

21h00 – 21h15 Vuurvertoning deur Naomi Snyman (as dit nie reen nie)
21h20-23h30 Noot vir Nood ! (Lekker kuier om die kampvuur)

23h30 –24h00 Aandgodsdiens

Sondag 23 Maart 2008

07h30 – Vure word aangesteek vir ontbyt

07h30 - 09h00 Kerk onder die tent- Diens gelei deur Gustav

10h45 - 12h00 Tee/ Koffie word bedien

12h00 Braaivleisvure word aangesteek vir middagete
Middagete word saam genuttig en almal kuier saam

Persone wat wil vertrek is welkom en die wat wil bly is welkom om te bly tot Maandag.

18h30 Braaivleisvure word aangesteek vir die persone wat wil bly tot Maandag.




Monday, January 28, 2008

5 Jan 2008 - Amptelike verklaring van Gustav Müller aan die Suidlanders

Amptelike verklaring van Gustav Müller aan die Suidlanders

As gevolg van baie debatte en besprekings en in sommige gevalle selfs swartsmeerdery het ons as Suidlanders dit nodig geag dat ek (Gustav) `n amptelike verklaring opsluit uitreik oor wie en wat ’n Suidlander is, dat u opnuut kan besluit of u hierdie sentiment deel.

Die naam ‘Suidlander’ het sy oorsprong in die naam Suidland. Met die stigting van Suidland–Aksie ’n paar jaar gelde het ek en talle vriende ons gaan afsonder in vas en gebed in die Bosveld (Mabothe) vir drie dae lank om leiding van ons Vader in die hemel te vra. In hierdie drie dae het ons baie Skrifte ontvang, maar twee Skrifte het uitgestaan, die eerste Skrif kom uit Jeremia 13. U kan dit gaan lees (die woord Suidlanders kom daarin voor); hier het die hemelse Vader vir ons gesê wat die toestand van die Boervolk is en dat ons dit aan hulle moet bekend maak, en hulle roep tot ’n hartsbekering en nie tot ’n bekering van die lippe nie. Die Woord sê ‘aan die vrug van die boom sal jy die boom ken’, en ek het toe landswyd begin ry en sowat 55 000 km afgelê om die boodskap van bekering uit te dra. Sommige kerke het my genooi om selfs dienste op Sondae te hou; verder is daar huis- en openbare vergaderings gereël waartydens van die ‘vrugte’ wat die Boervolk nie meer gedra het nie, aan hul bekend gemaak is.
Van die `verdorde vrugte` was byvoorbeeld:
1) Ons volk se Sabbatontheilig.
2) Ons motors wat die parkeerplekke by die dobbelhuise (afgod van Astartis) volstaan.
3) Die sportafgod.
4) Geld (Mammon) en status voor wie ons ook die knie gebuig het, en
5) Die afgod van wellus wat met oorgawe gedien word, ens., ens., ens...

Die tweede Skrif was Eseg. 20:45-49. (Dit is `n profesie oor die toekoms). Die woord Suidland kom drie keer hierin voor, ons het die Skrif die derde dag ontvang, en watter belewenis was dit nie om tussen daardie bosse te sit en verse 46 en 47 te lees nie! Daar is soveel wonderbaarlike getuienisse wat in daardie drie dae afgespeel het, en ek hoop en vertrou ek sal dit eendag te boek kan stel, want dit is te veel om in hierdie kort verklaring op te neem. En daar in afsondering het die Suidlanders hul naam gekry. Kort daarna is `n stigtingsvergadering te Villiers gehou met 12 raadslede van oor die hele land.
Met my reis deur die land is ons eerste publikasie, ‘Brandwag vir die Suidland’ versprei, en daarin is ’n oproep gedoen dat ons ons voor die Almagtige Vader moet neerbuig. Ek het kopieë van hierdie publikasie in boekwinkels geplaas om gratis uit te deel, en waar ek toestemming kon kry, dit ook op winkeltoonbanke gelaat. Ongeveer `n jaar lank het ek hierdie bekeringsboodskap uit gedra totdat ek een oggend op pad van Durban af terug Vereeniging toe was. Daardie oggend het ek tot die Here gebid dat as Hy nie wil hê ek moet langer hiermee voortgaan nie, Hy iets groots moet laat gebeur sodat ek dit kan “weet”. (En nou waarsku die Bybel ook dat mens versigtig moet wees wat jy vra, want jy kan dit dalk kry). Ongeveer 19H00 daardie middag beland ek in so groot ongeluk dat my motor totaal afgeskryf moes word, maar deur die Genade het ek nie ’n skrapie opgedoen nie. Hierna het ek ernstig tot die Vader gebid en gevra wat moet ek nou doen, want dit het gevoel of die Leiding stilgeraak het. Daardie aand maak ek my Bybel oop en lees dat ek my lewe moet geniet saam met die vrou wat ek lief het. So gesê so gedaan. Ongeveer ’n jaar het verbygegaan voordat die Here my baie ernstig en dringend opgeroep het om weer ’n
boodskap aan die volk uit te dra. Hierdie keer was dit ’n kombinasie van die bekeringsboodskap (wat die primêre doel van Suidlanders is) en die waarskuwing oor die fisiese gevaar wat ons volk bedreig en wat besig was om sy verskyning op die horison te maak, nl. Uhuru. (Uhuru was die instrument wat God sou gebruik om Sy toorn oor ’n afvallige volk te laat kom). Met hierdie boodskap het ek in 2006 begin en was DVD’s 1,2 en 3 in 2007 die afsluiting. Teen die einde van 2007 het ek die Here weereens gevra wat moet ek nou doen, want daar het weer ’n stiltetyd aangebreek. Toe gee die Here vir my die volgende skrifte Eseg. 24: 26-27 en Habakuk 3:6. Sedertdien hou ek nie meer vergaderings nie, maar help net waar ek kan met reëlings rondom die beveiliging van ons mense.

Definisie van `n Suidlander:

In kort is ’n Suidlander ’n gelowige volksgenoot wat besef en erken dat ons die weë van van die Here as `n volk verlaat het (Jer13). Uit die kennis wat ons uit die Skrif ontvang, weet ons dat die toorn van God teen hierdie mooi land kan ontketen. (Eseg. 7, Jes. 30 en Habakuk 3:16 ) en dat Hy ons stede puinhope sal maak en ons land ’n wildernis. ’n Suidlander is dus deel van die oorblyfsel van hierdie volk en gee daarom ag op die waarskuwings wat volledig in DVD 2 uitgelig word. Daar is ook ander organisies en leiers wat wat waarskuwings rig tot ons volk en daarvoor dank ons elkeen. ’n Suidlander wil nie in stryd wees met enige volksgenoot nie, want “ons stryd is nie teen mekaar nie, maar teen die wêreld en die owerhede en die bose magte in die lug.”

As leier van die Suidlanders vra ek dat ons medevolksgenote ons nie sal oordeel op ‘foute’ van die verlede of van die toekoms nie. (Selfs in die Boereoorlog is baie ‘foute’ gemaak, maar deur die Genade het ’n handjievol drie jaar lank teen die magtigste land ter wêreld staande gebly, en vrees die wêreld ons tot vandag toe nog). Oordeel ons volgens die opregtheid van ons harte om in die bres te tree vir God, Volk en Vaderland. ( “ No one is perfect, only perfect intention ”).

’`n Suidlander glo ook dat God ons nie vir altyd verstoot nie, maar ons weer sal herstel in die mooi land wat Hy vir ons Vaders by Bloedrivier beloof het (Jes. 61, Jes. 60, Jes. 57:14-21, Jes. 40:1-11, Jes. 12:1-6, Ps. 118, 1 Joh. 5:4, 2 Kor. 6:2, Hand. 13:35-41, Joh. 14:1, Habakuk 1:5 en Habakuk 3:13; daar is nog duisende ander verse.

Selfs die berugte ‘Mandela-SMS’ het ’n positiewe uitwerking gehad (2 Kron. 20:15) in dié opsig dat dat baie mense wat gedreig het om kosvoorrade aan te koop en dit nooit gedoen het nie, was kort na die berig slaggereed; en ek hoop en bid dat u steeds voorbereid is. Want selfs ’n graad 1 kind sal aan die politieke veranderinge in die afgelope paar maande kan sien dat onrus broei en onstabiliteit ons voorland is. Die Bybel sê vir ons: “vir hom wat glo, gebeur alles ten goede”. En as ek kyk na al die publisiteit wat die Suidlanders gekry het uit daardie duisende SMS’e wat die voorblaaie van byna al die koerante gehaal het, en waarmee die media gehoop het om ons boodskap belaglik te maak, dan besef ek eers hulle het hulself in die voet geskiet, want daardie berigte het gehelp dat duisende ander ook kennis geneem het van die onheil en naderende tydbom wat op Suid- Afrika wag. Ons is oorval deur navrae, en gevolglik het nog baie van ons volksgenote hulle begin voorberei. Alle eer aan God!

In Desember 2007 is ek in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat ek medepligtig sou wees aan die besit van ’n onwettige vuurwapen, en ook dat ek tjekbedrog sou gepleeg het. Die tyd wat alle dinge uitwys, sal ook uitwys dat dit ‘n gefabriseerde klag was om die Suidlanders in ’n swak lig te stel. Ek besit reeds ’n gelisensieerde vuurwapen, en sal nie so kortsigtig wees om die Suidlanderorganisie waarvoor ek letterlik alles opgeoffer het, met een onbesonne daad te vernietig nie. Die sogenaamde ‘tjekbedrog’ spruit voort uit omstandighede waaroor ek geen beheer gehad het nie. Ek het dienste gelewer waarvoor geld op my rekening inbetaal sou word, en op grond daarvan het ek in goedertrou ’n tjek vir my vragmotorlisensies uitgeskryf. Omdat my skuldenaars in gebreke gebly het om my te betaal, is my tjek toe terugverwys. En intussen is ek reeds besig met reëlings om die lisensiegeld aan die betrokke munisipaliteit
terug te betaal.

Daar is ’n gesegde wat lui: ‘Wie ’n gat vir ’n ander grawe, val self daarin… Ons lees in die boek van Ester van Haman wat ’n galg gebou sodat hy vir Mordegai kon laat hang. Maar deur die ingryping en uitredding van ons Hemelse Vader het Haman op die einde aan sy ‘eie’ galg gehang. Net so was dit ook met die Februarie 2007-inligting oor Mandela se dood. God het daardie doelbewuste disinformasie so gebruik dat dit ook vir vandag se Mordegai (sy oorblyfsel) tot voordeel strek. Daarom aanvaar ek die bietjie smaad wat ek hieroor moet verduur, en ek loof en prys die Vader vir die positiewe uitwereking wat dit op ons hele poging gehad het, nl. die bewusmaking van ons volk.

’n Suidlander kritiseer nie ’n ander volksgenoot bloot omdat daar ’n meningsverskil is nie, maar glo in die ou leuse van Suid-Afrika, nl. ‘Eendrag maak mag’. ’n Suidlander fokus op die positiewe wat ons volk kan saamsnoer om ’n hegte eenheid te vorm. (Fil. 1:27, Fil. 2:2 en 1Kor. 12:12-31). ’n Suidlander distansieer hom steeds van geweld en verbind hom om enige volksgenoot wat in nood sou verkeer in die toekoms te hulp te snel. In hierdie verband is daar baie disinformasie in omloop, maar ons doen opnuut ’n beroep op u om binne die riglyne van die wet te bly.

Ons is en bly Knegte van die Allerhoogste teen die hele wereld vry.

Suidland Groete
Gustav Müller



DVD 1,2,3 en die nuutste nommmer 4 is bekombaar by Naomi Snyman
Skakel haar asb. op 072 8737 005.

Die DVD's is R50 per DVD + R10(Pos geld)

Wednesday, August 22, 2007

22 Augustus 2007 - Verklaring

Suidlanders,

Soos jul moontlik reeds verneem het, het die Polisie Taakmag van omstreeks 06:00 Maandag, 13 Augustus 2007, op verskeie Suidlander bestuurslede toegesak regoor die land met 'n ellelange lys van items waarop beslag gelê moet word. Hierdie lyste het onder meer ingesluit wapens, ammunisie, ploftoestelle, springstof en teikenlyste (moordlyste) in 'n ondersoek vir die pleging of vermeende pleging van onder andere hoogverraad, terrorisme, sameswering tot moord, intimidasie en die oortreding van Artikel 2 van die Wet op die Bevordering van Konstitusionele Demokrasie teen Terroriste en Verwante Aktiwiteite, Wet 33 van 2004. Van die klagstate, asook aanmerkings gemaak gedurende die beslaglegging, was dit ook duidelik weereens 'n poging om die Suidlanders te verbind met die vermeende 'Boeremag' alhoewel ons ons uitdruklik van hierdie beweging distansieer.

Tydens die beslaglegging is die bestuurslede met min tot geen respek behandel nie en is vuurwapens voortdurend op hul gerig gehou. Al die vertrekke is heeltemal omgekeer en net so gelos toe geen van hierdie items op enige van die persele gevind is nie. Dames is ook nie toegelaat om alleen kamer te verlaat nie en is oor die algemeen so grof behandel dat dié behandeling daartoe gelei het dat een dame 'n epileptiese aanval gehad het en 'n ander dame is so hewig ontstel dat sy moes gaan rus weens uitermate hoë bloeddruk. Ons vra nederig ons Hemelse Vader in gebed om hierdie dames by te staan in hul tyd van beproewing en dat hul gesondheid spoedig sal herstel.

Sekere gerugte doen die rondte dat Gustav en Suné in hegtenis geneem is, maar is hierdie gerugte ongegrond en is beide Gustav en Suné op vrye voet. Daar word mooi na hul omgesien deur mense wat ons goedgesind is en sien hul gesondheid goed daarna uit.

Een persoon teenwoordig by een van die persele is ongelukkig in besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen gevind en is hy steeds in aanhouding na sy borg aansoek uitgestel is. Hoewel ons geensins sy oortreding goedkeur of ons daarmee assossieer nie, is ons gedagtes ook by hom, sy vrou en kindjie in hierdie moeilike tyd en sluit ons hul spesiaal by ons gebede in. Ons rig ook 'n vriendelike versoek aan alle Suidlanders om ook hierdie jong gesin by hul gebede in te sluit waar die vrou en kind nou sonder 'n man en pa moet klaarkom en ook dat daar regverdig gehandel sal word met die man.

Dit het onder die bestuur se aandag gekom dat hierdie persoon se regskostes reeds etlike duisende Rande beloop en dat die gesin, ten spyte van al die gratis hulp wat goedhartig aan hul voorsien is, gebuk gaan onder die finansiële las. Die gesin is tans sonder ‘n inkomste en sal enige hulp waardeer word. Indien u u pad oopsien om hierdie gesin by te staan op welke manier ook al, kontak asseblief die bestuur by
suidlanders@gmail.com, of kan skenkings gemaak word in die volgende rekening:

Rekeninghouer: N Snyman
Bank: ABSA
Tak: Klerksdorp
Rekeningnommer: 9201258114
Tipe: Spaarrekening
Verwysing: Donasies

Namens hierdie gesin en die Suidlander bestuurslede geraak deur hierdie gebeurtenis, bedank ons graag ‘n ieder en ‘n elk vir die ondersteuning, gebede en gereelde sms’e ontvang. Ook sê ons by voorbaat dankie aan elke persoon wat sy weg oopsien om hierdie gesin by te staan in hul uur van nood.

Die bestuur herhaal egter graag ons amptelike standpunt: Suidlanders distansieer hulself van enige geweldadige optrede, asook onwettige dade, en bly te alle tye aan die regte kant van die wet. Ons is bloot mense wat bekommerd is oor die huidige situasie in ons land wat moontlik mag aanleiding gee tot 'n noodsituasie en berei onsself dienooreenkomstig voor in geval so 'n noodsituasie, as gevolg van 'n aardbewing, vloed, of iets dergeliks, sou plaasvind.

In die lig van ons amptelike standpunt wat pertinent op die DVD, asook by elke vergadering wat deur Gustav Müller gehou is, genoem word, is dit duidelik dat die aanklagte (wat onder meer insluit hoogverraad, terrorisme, sameswering tot moord en intimidasie) van alle waarheid ontbloot is en is slegs 'n poging om ons volk verder te intimideer, te diskrediteer en onderling te verdeel. Ons sal geen steen onaangeroer los ten einde ons naam in die reine te bring nie.

Ons versoek alle Suidlanders om asseblief nie paniekerig te raak nie, slegs bestuurslede word op hierdie stadium ondersoek en is daar niks gevind wat die ondersoek regverdig nie en sal daar ook nooit so iets gevind word nie in die lig van ons amptelike standpunt. Solank jy, as Suidlander, jou by die standpunt bepaal en binne die grense van die wet beweeg, hoef jy niks te vrees nie.

Groete
Die Suidlander Bestuur


Psalm 121: "Ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom. My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het."

Thursday, July 19, 2007

19 Julie 2007 – Boodskap van Gustav Müller

Suidlanders,

Ons staan op die vooraand van `n Bloukrans en Weenen en tog is daar nog persone wat dit ontken en “vrede…vrede…” sanik (Jer. 14:13-16).

Terwyl `n groot deel van die Boervolk kliphard besig is om hul gode soos Mammon en Astarte daagliks te dien, pryk daar op die hoogtes vreemde tempels van vreemde godsdienste; en dit in `n land wat deur die Almagtige aan ONS gegee is by Bloedrivier. In dieselfde land waar die vyand teen `n geweldige tempo besig is om teen ons te mobiliseer - bande wat daagliks op snelweë gebrand word en tientalle stakings by groot en klein maatskappye. Dan is daar natuurlik die hotel in Kerkstraat wat sy boonste verdieping vir R60 000-00 verhuur het aan CNN, BBC en SKYNEWS spesiaal vir Mandela se begrafnis.

Hiermee daag die Suidland Bestuur, wat minstens sal bestaan uit 30 lede, Mnr. Mandela uit om `n dinee by te woon saam met ons Suidlanders. En NIE die dubbelganger nie wat `n eenvoudige grappie deesdae van `n vel papier moet aflees! (Wie dink die media bluff hulle?). Want ek, Gustav Müller, het `n paar vrae oor sy (Mandela) terroristiese verlede wat die dubbelganger nie sal kan beantwoord nie.

Mnr. Mandela, indien u bereid is om die uitdaging te aanvaar, is Zelda welkom om ons in verbinding te tree per e-pos, by suidlanders@gmail.com, en ons sal in samewerking met u beskermers, lykbesorgers en die SAP, u ‘vuil’ligheid probeer verseker - so tussen die balsemwalms deur en in samewerking met AVBOB, SAFFAS of Martins-begrafnisondernemers.

Hiermee vergewis ons net die Suidlanders van `n uitnodiging wat reeds gerig is aan Mnr. Mandela en nooi ons ook al die koerante en tydskrifte uit om die dooilike okkasie by te woon.

Nogmaals doen ek, Gustav, `n ernstige beroep op ons volk om, terwyl hulle nog in `n relatiewe normale land woon, hulself toe te rus teen geweldpleging en hongersnood. As jy swak toegerus by `n kampterrein aanmeld, gaan jy die een wees wat die meeste ongerief gaan verduur. Daarom doen ons `n beroep op die volk om julself toe te rus met die nodige toerusting en voedsel omdat ons vir julle omgee.

Vir mense met wie dit finansieel broekskeur gaan is hier ‘n lys van die absolute minimum waarmee jy oor die weg kan kom. Dit is `n lys vir `n gesin van 4 vir 3 maande - 2 etes per dag: -

  • Pappot
  • Poeiermelk 10 kg
  • Mieliemeel 60kg x 3
  • Suiker 10 kg
  • Rys 30kg Spaghetti/ Macaroni kan vir afwisseling gebruik word.

    Bogenoemde bestaan uit `n 11 uur ete wat `n mieliepap ete is met melk en suiker. Aandete teen 5 uur bestaande uit `n 200g soya-maalvleis en `n koppie rys.

    Die volgende toerusting behoort in u huis te wees: -

  • Pot vir pap
  • Eetgerei: 4 borde, 4 papborde, 4 bekers, 4 messe en vurke, 4 lepels
  • Beker / 2ℓ Coke bottel om melkpoeier in aan te maak
  • Aanstekers
  • Skottelgoedseep+waslappie+skuurdraad+ afdroogdoek
  • Lyfwasseep
  • Klerewasseep
  • Tou, spykers en `n hammer
  • Draad (1.5mm)
  • Houtsaag
  • Tang
  • Komberse, kussings en slaapsakke
  • Warmklere en reenjasse
  • Skoene en kouse
  • Flits/kerse
  • Sekel
  • Medikasie
  • Alle kruideniers in kaste
  • `n ROER-ding
  • Tandepasta en `n tandeborsel
  • Lamp en lampolie


Indien u nie geld vir `n tent het nie, koop ‘n R200-00 kuilvoerseil by naaste koöperasie.

Ons is dankbaar dat die ergste winter aan die verby gaan is ( en soos die Bybel se bid dat jul vlug nie op die Sabbat of in die winter is nie).

Suidland groete
Gustav Müller

12 Junie 2007 – Persverklaring

Suidlanders,

Na ons onlangse persverklaring van 30 Mei 2007 aan die Burger, Beeld, Volksblad, Klerksdorp Record, Frankfort Herald, asook die Heilbron Herald waarin ons die Polisie gevra het om ons mense te beskerm, plaas ons dit nou ook hier op die webwerf en vra omverskoning omdat ons versuim het om dit vroeër hier te plaas. Ons wou net graag sien of die pers dit wel geplaas het.

Persverklaring: -

Die Suidlanders het ook nou `n embleem so alla die Rapport, maar nou net eers vyf maande later het hy gestalte gekry en weet ons ook nou hoe lyk die embleem waarvan die Rapport in Februarie gepraat het en waarvan dié in hul besit was. Ons is egter trots daarop om te sê dat die gedagte rondom die embleem kom vanaf Psalm 126: “`n vreugde oes…vanuit tranesaad”. Die Suidlanders kan `n blou traandruppel maak uit materiaal (enige materiaal) en dit ook uitsny en op hul dra. As mede-Suidlanders sou sien dat persone die traandruppels sou dra, sal hul voorkeur geniet. Die traandruppels kan self gemaak word en met trots gedra word.

Suidlanders staan sterk in geloof. Ondersteun mekaar. Wees gereed. En onthou ons is knegte van die Allerhoogste teen die hele wereld vry.

Suné

9 Junie 2007 - Uit die Vaandeldraer

Uiteindelik begin dit!

Terwyl ons elke dag met ons lewens voortgaan en eet en drink en werk en vrolik is, is dinge besig om in plek te val. In die week voor die verskyning van hierdie Vaandeldraer, het iemand wat by ‘n baie groot hotel in Pretoria werk, ons geskakel.

Die Premier Hotel Pretoria is by Kerkstraat nr. 673 in Arcadia geleë en is rofweg 500 meter van die Uniegebou af. Die hotel behoort aan die Premier-groep en is in Januarie hierdie jaar voltooi. Twee vroue, een ‘n Brit en die ander ‘n Franse dame, het 'n paar dae gelede by die hotel ingestap en die hele boonste vloer met 19 kamers gehuur en vir een maand vooruit betaal vir filmspanne, tegnici, verslaggewers, ens. Die hotel mag die kamers aan geen ander gaste verhuur nie en die hele sesde vloer van die hotel moet beveilig word met watter metodes die hotel ook al kan gebruik. Die kamers word ook vir die maand vooruitbetaal met die opsie om die huur te verleng – hulle het 'n astronomiese bedrag vir die maand betaal.

Die keuse het op die betrokke hotel geval, juis omdat dit ‘n uitsig op die Uniegebou het. Die dak word ook gehuur vir fotograwe en ander media en satellietskottels sal op die dak geïnstalleer word. Daar mag ook geen kragonderbrekings wees nie en die betrokke hotel was verplig om ‘n groot kragopwekker aan te skaf om te sorg dat dit nie gebeur nie. Elke kamer moet 'n privaat telefoonlyn hê wat nie deur die hotel se skakelbord moet gaan nie. Die persoon van die hotel wou weet waarom die dak ook nodig sou wees en wat sal die geleentheid wees vir die voorbereidings. Dit is vir Mandela se begrafnis, het die een vrou gesê. Op die vraag wanneer dit gaan wees, het sy nie geantwoord nie, maar omdat die vloer reeds gehuur word vir een maand, kan ons met sekerheid weet dat die dag van die begrafnis naby is – baie nader as wat ons dink.

Op 30 Mei het verteenwoordigers van CNN, Sky News en BBC die hotel besoek om seker te maak dat al hulle reëlings in plek is. Al die voorbereidings wat getref moet word, is vir film en TV-spanne wat oor Mandela se begrafnis moet kom berig en hulle wil nie hê dat iets moet skeefloop nie. Selfs met al hulle veiligheidsmaatreëls is dit nogsteeds waaghalsig om in daardie tyd in Suid-Afrika te wees, maar daar is niks wat ons kan of wil doen om hulle koms te verhoed nie. Een ding is seker – al bly ons eie TV-uitsendings in die slag, sal ons steeds op oorsese kanale kan sien wat aan die gang is.

Hierdie mense het nie die vaagste benul van waarvoor hulle hul inlaat nie. Ons het steeds geen bevestiging dat Mandela leef of al dood is nie. Baie teenstrydige inligting kom in, maar hierdie hotelstorie bevestig dat die tyd op hande is. Maak seker dat u nie heeltemal onkant gevang word nie. Met die volgende Vaandeldraer sal ons 'n paar name en telefoonnommers aan u deurgee wat u moet bewaar. Moenie die volgende Vaandeldraer misloop nie - http://www.vaandel.co.za/