Thursday, July 19, 2007

9 Junie 2007 - Uit die Vaandeldraer

Uiteindelik begin dit!

Terwyl ons elke dag met ons lewens voortgaan en eet en drink en werk en vrolik is, is dinge besig om in plek te val. In die week voor die verskyning van hierdie Vaandeldraer, het iemand wat by ‘n baie groot hotel in Pretoria werk, ons geskakel.

Die Premier Hotel Pretoria is by Kerkstraat nr. 673 in Arcadia geleë en is rofweg 500 meter van die Uniegebou af. Die hotel behoort aan die Premier-groep en is in Januarie hierdie jaar voltooi. Twee vroue, een ‘n Brit en die ander ‘n Franse dame, het 'n paar dae gelede by die hotel ingestap en die hele boonste vloer met 19 kamers gehuur en vir een maand vooruit betaal vir filmspanne, tegnici, verslaggewers, ens. Die hotel mag die kamers aan geen ander gaste verhuur nie en die hele sesde vloer van die hotel moet beveilig word met watter metodes die hotel ook al kan gebruik. Die kamers word ook vir die maand vooruitbetaal met die opsie om die huur te verleng – hulle het 'n astronomiese bedrag vir die maand betaal.

Die keuse het op die betrokke hotel geval, juis omdat dit ‘n uitsig op die Uniegebou het. Die dak word ook gehuur vir fotograwe en ander media en satellietskottels sal op die dak geïnstalleer word. Daar mag ook geen kragonderbrekings wees nie en die betrokke hotel was verplig om ‘n groot kragopwekker aan te skaf om te sorg dat dit nie gebeur nie. Elke kamer moet 'n privaat telefoonlyn hê wat nie deur die hotel se skakelbord moet gaan nie. Die persoon van die hotel wou weet waarom die dak ook nodig sou wees en wat sal die geleentheid wees vir die voorbereidings. Dit is vir Mandela se begrafnis, het die een vrou gesê. Op die vraag wanneer dit gaan wees, het sy nie geantwoord nie, maar omdat die vloer reeds gehuur word vir een maand, kan ons met sekerheid weet dat die dag van die begrafnis naby is – baie nader as wat ons dink.

Op 30 Mei het verteenwoordigers van CNN, Sky News en BBC die hotel besoek om seker te maak dat al hulle reëlings in plek is. Al die voorbereidings wat getref moet word, is vir film en TV-spanne wat oor Mandela se begrafnis moet kom berig en hulle wil nie hê dat iets moet skeefloop nie. Selfs met al hulle veiligheidsmaatreëls is dit nogsteeds waaghalsig om in daardie tyd in Suid-Afrika te wees, maar daar is niks wat ons kan of wil doen om hulle koms te verhoed nie. Een ding is seker – al bly ons eie TV-uitsendings in die slag, sal ons steeds op oorsese kanale kan sien wat aan die gang is.

Hierdie mense het nie die vaagste benul van waarvoor hulle hul inlaat nie. Ons het steeds geen bevestiging dat Mandela leef of al dood is nie. Baie teenstrydige inligting kom in, maar hierdie hotelstorie bevestig dat die tyd op hande is. Maak seker dat u nie heeltemal onkant gevang word nie. Met die volgende Vaandeldraer sal ons 'n paar name en telefoonnommers aan u deurgee wat u moet bewaar. Moenie die volgende Vaandeldraer misloop nie - http://www.vaandel.co.za/