Thursday, July 19, 2007

Boodskap van Gustav Müller

Suidlanders

Ons is baie bly om te verneem dat die volk uit hul eie uit die tekens begin waarneem, soveel so dat daar oor radiostasies soos Radio Pretoria waarskuwings oor die naweek uitgestuur word en mense aanbeveel word om `n gebeurlikheidsplan in gereedheid te kry. Suidlanders wil opreg hul dank betuig teenoor Radio Pretoria in die verband.

Ons vra dat Suidlanders alle gebeurlikhede oor die naweek sal aanmeld by ons e-posadres: suidlanders@gmail.com. Dit plaas ons voordurend in `n posisie om `n korrekte scenario te projekteer en dienooreenkomstig ons gebeurlikheidsplanne gereeld aan te pas soos wat die speelveld verander (soos bv. die N12 wat by Wolmaranstad en Christiana al by verskeie geleenthede afgeblok is, wat een van ons onttrekkingsroetes WAS.)

Suidlanders beskik oor `n inligtingsnetwerk bestaande uit oud V.K.-operateurs (rekkies) wat woonagtig is op verskillende grense van Suid-Afrika wat ons op hoogte hou van bewegings oor die grens. Verder beskik ons oor `n binnelandse netwerk wat hierdie sporadiese geweldspleging direk aan Suidland bestuur rapporteer. Om egter disinformasie te verhoed vra ons Jan Alleman om insidente by ons e-posadres te rapporteer, want dit is vir ons duidelik dat die media baie gevalle nie vermeld nie en is die situasie (anargie) in Suid-Afrika al ver gevorderd. Bogenoemde stel ons dienooreenkomstig in staat om die situasie 24 uur landswyd te monitor.

Hiermee wil Suidlanders u ook bemoedig dat daar reeds gebeurlikheidsplanne in plek is sou die situasie hand-uit ruk. Weens die huidige benarde situasie in ons land wil ons 'n beroep op alle Suidlanders (blankes) doen om te bid vir leiding in hierdie tye dit sal u in aansluiting bring met Suidlanders. Slegs die Hemelse Vader sal ons in hierdie tye kan help.

Suidland groete
Gustav Müller

"Knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry!"