Thursday, July 19, 2007

Opvolg op DVD 2

Geagte Suidlander:

Jy het nou die DVD gesien waarin Gustav Müller die bedreiging teen ons mense in soveel woorde uitlê. Daar is baie onsekerheid wat hierdie oefening betref en hierdie skryfstuk poog om 'n paar vrae te antwoord.

Voorbereidings:
  • Jy moet begin kos en voorrade aanskaf, maar eerstens moet jy genoeg petrol by jou hê om 1000km te kan ry. Heilbron is net die eerste punt op 'n lang reis na ons uiteindelike eindbestemming.
  • As jy nou 'n paar jerry kanne aangeskaf het, dan moet jy begin kyk na kos vir 'n dag.
  • Sodra jy dit het, moet jy begin kyk na kos vir 'n week. Dan sluit ons goed in soos 'n paar waterkanne, bietjie blikkieskos, ensomeer. Jy moet self jou en jou familie se kos en waterverbruik gaan meet, en kyk wat jy gaan nodig hê.
  • Daarna moet jy begin kyk na kos vir 'n maand. Jy sal sien dat die standaard motor nou bietjie klein begin raak vir al die voorrade, en dan gaan jy moet begin kyk na 'n bakkie of 'n sleepwa om al die goed in te karwei. Op hierdie trant moet ons begin kyk na tot en met 3 maande se kos.
  • Na drie maande behoort ons almal op 'n plek te gekom het waar water geredelik beskikbaar is, en dan begin ons kyk na die aanplanting van groentetuine, om kleinvee aan te hou soos hoenders en bokke, miskien skape en beeste.

As mens nou volgens hierdie patroon begin dink kan mens 'n plan van aksie uitwerk en kyk waar mens "worst case scenario" gaan wees.

Ontruiming:

Soos daar pertinent op die DVD gesê word, MOET ons absoluut wag totdat die radio, tv en koerante Mandela se dood uitbasuin. Slegs dan moet ons uitbeweeg en nie 'n OOMBLIK vroeër nie. Daar moet verkieslik so gou as moontlik, of om meer presies te wees binne 24uur, na die aankondiging ontruim word.

Daar word gesê dat daar 7 dae sal verbygaan voordat die nagaanval op Johannesburg gebeur. ‘n Tipiese scenario van 'n staking regoor die land deur die grootste deel van ons werkers kan soos volg geprojekteer word:

  • Dag 1-2: Daar is baie mense wat weet van hierdie ding, en in die eerste 2 dae gaan baie mense ontruim. Jou kanse om iets nuttigs (langtermyn, stoorbare voorrade, bv. jerry kanne) is skraal. Baie mense wat tot op hede nie voorberei het nie, gaan winkels leeg en gestroop van hierdie items aantref.
  • Dag 3-4: Omdat die meeste van die normale werkers nou in die stadions vergader dwarsoor die land aangevuur deur gratis alkohol, gaan min werkers oorbly om alledaagse take te verrig. In plaas van die een of twee ure wat jou krag elke nou en dan af was, gaan dit nou vir langer en langer af bly (moontlik dae aaneen), omdat die paar tegnici wat oorbly so oorlaai gaan wees deur die werk dat hulle bloot nie orals gaan uitkom nie. Die honger en dronk massas wat begrafnis hou gaan min of meer hier begin met geïsoleerde insidente.

    Die gevolge hiervan sal waarskynlik so wees:

    • Aan ons kant:

      Winkels gaan hulle deure sluit omdat hulle nie krag of werkers het om die winkels te bedryf nie of omdat die rakke reeds leeg gekoop is. Mense wat in die gewoonte is om hulle petroltenks altyd op walms te ry sal vinnig agterkom dat mens skielik nie meer petrol kan koop nie, omdat petrolstasies nie kragopwekkers het nie en dat niemand petrol aan jou gaan kan verkoop nie. Motors gaan onklaar raak tussen vulstasies en paaie gaan stilstaan terwyl almal sukkel om petrol te kry. Jy gaan waarskynlik in jou huis vasgekeer sit.

      Hoeveel kos en water het jy in jou huis? Word jou water aangedryf deur 'n pomp, omdat jy in 'n area bly waar daar nie swaartekrag voedende watertorings is nie? Indien nie, gaan jy nie water hê nie. Indien jy wel in so 'n area bly, hoe gaan die water by die toring uitkom en hoe lank gaan die toring vol water bly? As jy nie water het in jou huis nie, het jy ernstige probleme.

      Sonder krag, gaan jou vrieskas af, jou kos ontdooi en gaan vrot word. Meeste mense het nie kragopwekkers in hulle huise nie.


    • Aan hulle kant:

      Ons weet nie hoe hulle die logistiek gaan hanteer om ‘n 30-miljoen sterk, rouende, feesvierende massa te voed en te huisves nie. Kom ons sê maar net na so 2 dae het die kos begin opraak en na so 4 dae se bier drinkery, begin hulle nogal opstokerig raak en die areas rondom hulle plunder vir wat daar te vinde is. As jy by die huis bly, hoop ons day jy ver weg bly van een van hulle vergaderpunte af, maar by jou sal hulle uitkom.

  • Dag 5-6: Dinge gaan nou begin warm raak, want jy is honger en dors in jou huis vasgekeer en selfs al het jy kos gehad, gaan jy nou nêrens heen kan gaan om water te skep, kos te koop of enigiets nie. Jou geld gaan waardeloos wees, en dit maak nie vir goeie toiletpapier of vuuraanstekers nie. Mense gaan begin om winkels te plunder vir dit wat oor is en ander huise te plunder vir wat daar te vinde mag wees. Jy gaan sukkel om uit die stad te kom, want die paaie staan lankal reeds stil.

    Selfs al is daar geen aanval nie, gaan die chaos wat so ‘n verreikende staking gaan veroorsaak MAANDE neem om reg te maak en dit gaan maande wees voor jy na ‘n werk kan terugkeer, as so iets nog bestaan teen daardie tyd.

Vrae rondom Heilbron en bymekaarkom punte:

Soos gesê is, moet jy petrol aan jou hê om 1000km te kan ry. Ons gaan nie daar vergader nie en selfs al weet hulle waar mense is, gaan hulle sukkel om by ons uit te kom.

Die weermag se angel is afgebreek deur HIV en troepe wat nie ontplooibaar is nie, voertuie wat stukkend is, nie bestuur of gevlieg kan word nie. Hulle gaan met dieselfde sukkel as ons: petrol tekorte, paaie wat staan, ensovoorts - China het die grootste weermag in die wêreld, maar dis niks werd nie, want hulle het nie die logistiek om die weermag te onderhou buite hul eie land nie.

Selfs al het hulle die weermag, het hulle nie die logistiek nie (toekomsbeplanning was nog nooit een van hulle sterk punte gewees nie) en gaan hulle maar moet voetslaan agter ons aan in die veld in en sonder kos en water gaan hulle nie baie ver kom nie. Hulle sal miskien een suksesvolle oefening teen een van ons groepe kan uitvoer met die logistiek tot hul beskikking, maar wat dan? Dan weer ons dit af, na ons dit sien kom het en gaan aan met ons planne. Ons gaan nie “sitting ducks” wees by ‘n plek waarvan hulle reeds weet nie.