Thursday, July 19, 2007

15 Mei 2007 - Verklaring vanaf Gustav Müller

Dit is met groot dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader dat ons Suidlanders nog die genade (tyd) ontvang het om hierdie verklaring uit te reik, moontlik een van die laastes indien nie die laaste nie. Daar is baie nuwe inligting wat die bedreiging nog meer uitlig: Britte wat aktiwiteite in Durban en Suid-Wes Afrika het; verskeie paaie wat landswyd op `n daaglikse basis afgeblok word; stakings wat kwaai toegeneem het en dreig om hand uit te ruk; die media wat baie geheimsinnig is rondom al die toestande in Suid-Afrika; uitlatings wat daagliks geuiter word (haatspraak) rakende "die dag". en vele ander wat geklassifiseer is. Rondom die "groen lig" (vra maar die gewese wêreldbeker Springbok rugbykaptein waarom kry hy nie sy seun se peetpa in die hande kry nie op `n selfoonnommer wat hy reeds sedert 1995 het) vir nasionale optrede, is spanning besig om daagliks toe te neem.

A.g.v. baie redenasies, uitlatings en klipgooiery in die verlede oor akkurate inligting wat deur ons vrygestel is (slegs om die volk te waarsku sodat hul nie onverhoeds betrap sou word nie), het ons besluit om DVD nr 3 (wat geweldig baie inligting en bewyse bevat) vir eers terug te hou tot wanneer nodig en eerder te fokus op dit waartoe ons geroep is, ons volk tot hulp te wees sover menslik moontlik ten tye van nood. Moet asseblief nie toelaat dat die laaste 2 maande se argumente u uitkyk op die bedreiging verydel nie.

Die positiewe reaksie wat ons egter uit hierdie gebeure van die afgelope maande ontvang het, het tot gevolg gehad dat ons noodgedwonge nuwe bykomende "veiligheidsplase" landswyd moes identifiseer (sommige van hierdie punte maak gereed vir tot 5000 en baie ander kleiner groepies). Daar is kontakpersone landswyd, maar u moet asb. deur Stefan by e-posadres: suidlanders@gmail.com te werk gaan.

Ons vra ook dat mense wat plase beskikbaar wil stel vir hierdie goeie saak ook asb. met Stefan in verbinding sal tree. Aangeheg by hierdie verklaring sal u ook `n mini-gemeenskapsplan vind wat vir elke groep of groepie tot groot hulp sal wees, want u gaan u self in `n " mini-gemeenskap" situasie bevind, vir minstens drie maande voordat die toestand moontlik kan stabiliseer. Heilbron is steeds daar vir enigeiemand wat op D-dag nog nie ingeskakel het by enige ander streek nie.

Ons doen egter `n beroep op elke groep landswyd om `n afgevaardigde na Heilbron te stuur, sodat ons daardie oorkoepelende kommunikasie tot stand kan bring, om sodoende landswyd te weet wat die welstand van ons mense is, en ook om aan u terug te kan kommunikeer.

Suidlanders doen hiermee `n beroep op mede volksgenote om `n gebedsaak te maak van elke besluit waarvoor u te staan kom, want met `n antwoord van Bo kan u nie verkeerd gaan nie en kan u sonder twyfel en vrees in geloof optree. Koning Dawid het gesê " Met God aan my sy loop ek `n bende storm."

Die Suidlanders, wil graag opreg hul dank betuig teenoor diegene wat so `n positiewe bydrae lewer tot hierdie Volksaak.

By voorbaat dankie

Suidland groete
Gustav Müller

Ons leuse: "Knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry."