Thursday, July 19, 2007

2 Maart 2007 - Verklaring oor aantuigings in die pers.

Ons versoek almal om kalm te bly en kalm te word na die afloop van die vorige maand se gebeure. 'n SMS was uitgestuur, en ons wil hiermee verklaar dat dit NIE deur die Suidland-groep uitgestuur was nie.

Ons het verneem van baie "hoax" e-mails wat gestuur was, berigte wat geplaas was, en ons doen ondersoek om uit te vind waar die oorsprong van die verklarings is.

Ons wil graag weer staaf dat ons as Suidlanders nie 'n "ver regse" organisasie is nie, ons is net gelei deur ons Goeie Vader om ons volk te waarsku oor iets wat dalk kan gebeur in ons land. Vele mense het al die DVD gesien, en soos julle weet is daar nêrens op die DVD gesê dat ons moet wapens opneem teen iemand nie, soos valslik verklaar deur die koerante:
http://www.mg.co.za/articlePage.aspx?articleid=300707&area=/insight/insight__national/,
doen gerus 'n soek oor "Gustav Müller".

Antwoord op die koerantberigte aangaande die Suidland-groep: -

Die koerante het berig dat hulle IN BESIT IS van briefhoofde waarop die Suidlanders se embleem en 'n "Suidlander eed" ook is. Ons as die Suidlanders HET NIE 'N EMBLEEM NIE en nog minder het ons 'n "Suidlander eed" soos berig deur die koerante. Hierdie kan bloot 'n naam gewees het wat 'n ander groep gebruik het, wat toevalig dieselfde naam as ons is.

Die volgende lagwekkende stelling wat deur die Mail and Guardian geplaas is , wys vir die publiek hoe die media die volk om die bos wil lei oor gebeure in die land. Die volgende is presies hoe die koerant dit aan gehaal het: "The emblem adopted by the Suidlanders, which appeared on their internet statement last week, is the same as that used by the Boeremag".

Soos julle kan sien is julle nou op die Suidland se webtuiste en hierdie is die eerste verklaring wat ons nog vrygestel het. Maak julle eie afleiding wie die leunaars is.

Gustav het nog NOOIT homself as die Joshua van ons volk gesien nie, en weereens wil ons vra waar die Mail en Guardian daaraan kom. Gustav het met baie inligting na vore gekom en hy het gevoel dat hy hierdie inligting (oor UHURU) aan ons volk moet vrystel.

Ons vra dat al die Suidlanders voort gaan en vriende maak met volksgenote om julle, sodat julle bymekaar kan staan in 'n tyd van nood.